Description
Hierdie lywige bundel is n keuse uit Joan Hambidge se oeuvre deur die skrywer self. Dit is 'n kritiese seleksie uit digkuns wat hoofsaaklik handel oor reis, die liefde, familieskap en eensaamheid. Joan Hambidge is professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy 'n MA-kursus in Kreatiewe Skryfwerk aanbied. Benewens digter en akademikus, is sy ook n gereelde boekresensent en skryf sy rubrieke oor letterkunde en films.