
Die Kremetartekspedisie
Die Kremetartekspedisie (Afrikaans, Paperback)
R 312.00
Loot · checked Yesterday
- Average
- R 314.00
- Lowest seen
- R 275.00
- Highest seen
- R 358.00
- Last change
- R 16.00
- First indexed
- 02 Aug 2023
- Vendor
- Loot
Die verhaal van 'n slavin wat as die enigste oorlewende van 'n mislukte ekspedisie in die hart van Afrika haar terugtrek in die hol stam van 'n kremetartboom. In toenemende verlatenheid herleef sy haar vroeëre bestaan: hoe sy as kind in haar tuisdorp gevange geneem en weggevoer is, haar lewe in 'n hawestad aan die ooskus as dienares van verskillende meesters, haar reis saam met haar laaste eienaar en beskermheer, haar lewe in die kremetartboom.
Hierdie belangrike Afrikaanse roman is reeds in verskeie ander tale gepubliseer, o.m. in Engels deur J.M. Coetzee. Die Italiaanse vertaling word bekroon met die Grinzane Cavour-prys in 1988 en in 1995 word die Franse vertaling verwerk vir die verhoog en opgevoer in die Thèâtre de l'Ante in Parys.
"Solank Afrikaans bestaan, sal dié boek waarskynlik die essensie daarvan bly verwarm." – Antjie Krog