Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte is ’n bundel propvol tematiese nuwerwetse verhale vir graadvier- tot graadseskinders van Afrikaans as eerste addisionele taal.
Dié bundel neem die riglyne van die KABV in ag en die Departement van Basiese Onderwys se strewe om laerskoolonderwys by die “Vierde Industriële Rewolusie” te betrek.
Elke verhaal bied:
- ’n besprekingstema en ’n woordelys;
- pre-leesvrae;
- vertalings van woorde;
- post-lees- kontekstuele vrae; en
- verrykingsaktiwiteite.
Carin Krahtz, Nelia Engelbrecht, Annelie Ferreira, Jaco Fouché, Troula Goosen, Henriëtte Linde-Loubser, Elrien Scheepers, Christina van Deventer, Annerle Barnard, De Wet Hugo, Carin Krahtz, Anzil Kulsen, Naomi Meyer, Christien Neser, Carina Stander, Marita van Aswegen, Elizbè Van der Colff, Derick van der Walt, Elizabeth Wasserman, Zelda Bezuidenhout, EKM Dido, Sidney Gilroy, Rouxnette Meiring, Chase Rhys, Cecilia Steyn, Fanie Viljoen, Sasha Richards