
Kommersiele Reg
Kommersiele Reg (Afrikaans, Paperback, 5de)
Loot ยท checked Today
- Average
- R 1 197.00
- Lowest seen
- R 1 197.00
- Highest seen
- R 1 197.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 07 Sep 2026
- Vendor
- Loot
'n Nuwe deel word aan die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 gewy, terwyl die invloed van die Wet ook in die afsonderlike hoofstukke oor byvoorbeeld die kontraktereg en besondere kontrakte soos die koopkontrak bygewerk is. Origens is nuwe wetgewing en regspraak waar moontlik bygewerk tot einde Augustus 2011.
Kommersiele Reg het ten doel om volledig te handel met die belangrikste beginsels van sowel die algemene kontraktereg as die benoemde kontrakte wat die meeste in die handelsverkeer aangetref word, soos kredietooreenkomste, koop-, huur-, borg-, pand-, verband-, diens-, arbitrasie-, werkaannemings- vervoer- en versekeringskontrakte.
Die werk word ingelei met 'n nuttige bespreking van die oorsprong, totstandkoming en sistematiek van die reg, gevolg deur 'n bespreking van die bronne van die regsverbintenis, soos die kontrak, delik en ongeregverdigde verryking, wat nodig is vir 'n beter begrip van die kontraktereg.