Speuradjudant Storm van der Merwe is terug vir die grootste uitdaging van haar loopbaan. Al is sy steeds besig om haar pa se dood twee jaar tevore te verwerk.
Intussen hou Hermanus ’n eerste skrywersfees. Deel van Storm se afgesaagde verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou voor die laaste Covid-regulasies uiteindelik opgehef word. Maar toe daag Isa du Bois, die sterskrywer van die dorp, nie op vir haar sessie nie. Haar liggaam word dieselfde oggend nog in Kwaaiwater se Mosselrivier gevind. Vier en twintig uur later kom ’n visterman af op nóg ’n lyk – weer ’n vrou, dié keer jonk en swart. En dan is daar ’n derde slagoffer, ’n belangrike kulturele rolspeler op die dorp. Drie dae, drie vroue. Hoekom drie, hoekom hierdie drie?
Storm is so toegegooi onder werk, sy is skoon bly oor oudkollega Andreas Moerdyk se knaende aanbod om haar te help. En al sukkel sy om dit aan haarself te erken, is dit nogals lekker om ’n slag weer spanmaats te wees . . .