Lampie handel oor geheimsinnige seebewoners en rowwe seerowers.
Oor die Swart Huis van die admiraal, waar daar glo ’n monster woon. Oor ’n grys vuurtoring op ’n eiland, wat nog net-net aan die vasteland vassit. Oor Lampie, die vuurtoringwagter se dogter, wat elke aand die een-en-sestig trappies uitklim om die lig aan te steek. Oor ’n stormagtige aand, wanneer die vuurhoutjies op is en alles skeefloop.
Maar veral oor dapperheid en hoe jy meer kan regkry as wat jy ooit gedink het.