Outopsietafel
Stories van 'n Forensiese Patoloog in Afrika
rated at Takealot ยท checked 2 days ago
- Average
- R 189.00
- Lowest seen
- R 179.00
- Highest seen
- R 199.00
- Last change
- -R 20.00
- First indexed
- 24 May 2026
- Vendor
- Takealot
As 'n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van 'n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry.
In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as 'n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teegekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoeprofielsterftes hanteer, sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is.
Blumenthal bied 'n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis en beskryf selfs 'n tipiese lykskouing en die instrumente wat hy tydens 'n ondersoek gebruik. Hy deel ook 'n paar geheime, soos hoe om vas te stel of 'n moord plaasgevind het en of iemand selfdood gepleeg het.
Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te se - en Blumenthal is daar om te luister.
