Description
Hierdie gids bied die besoeker of belangstellende die geleentheid om al die plekke in Pretoria en omgewing wat op die een of ander wyse 'n verbintenis met die Anglo-Boereoorlog gehad het, te besoek. 'n Kort agtergrondskets word oor elke plek en die betrokke historiese figure gegee. Plekke wat naby mekaar le, is in afdelings saamgegroepeer. Tesame met die kaarte en kleurfoto's behoort dit maklik te wees om enige besondere plek te vind.