Description
Tobela Tiny Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as Umzingeli (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat. Hy het vrede gevind, maar bevind hom skielik in n onmoontlike situasie. Want lojaliteit is belangrik en hy moet nou binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf n ou vriend, n medestryder wat gyselaar gehou word. Maar die losprys wat hy saam met hom moet neem, is gevaarlik n hardeskyf met sensitiewe inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaan alles in hul vermoe doen om hom te keer. En nou word jagter die prooi. Op n geleende BMW-motorfiets vat hy die lang pad. Maar hoe verder hy vorder, hoe stywer span die net om hom. Spanning uit die boonste rakke; n boek wat geen leser sal kan neersit nie.