2 offers · 2 retailers
Best price we track
No retailer we track beats this price. Compare every offer
- Average
- R 195.00
- Lowest seen
- R 195.00
- Highest seen
- R 245.00
- Last change
- R 50.00
- First indexed
- 27 Aug 2026
- Vendor
- Takealot
Dit is 1916 en Caleb Kelly, 'n jong WOI- veteraan, keer getraumatiseerd en geskend terug na sy familieplaas in die Oos-Kaap. Wanneer olifante groot skade op Bellevue aanrig, is hy gereed om hulle voor die voet te skiet. Maar dan gebeur iets wat maak dat hy sy woede verruil vir 'n diepe vriendskap met 'n trop wat bedags tussen die ruigtes op die plaas skuil.
Intussen word pogings tot grootskaalse sitrusverbouing in die Sondagsriviervallei nag ná nag in die wiele gery deur olifante wat lemoenboorde stroop en besproeiingsinstallasies vernietig. Dewald Troskie, oorlogsheld en befaamde grootwildjagter, word aangestel om hulle uit te wis.
Deur feit met fiksie te verweef neem Bakkes lesers op 'n reis vanaf 1916 tot die stigting van die Addo-olifantpark in 1931. Soetdoring in die ruigtes is meer as 'n historiese roman - dit is 'n meditasie oor trauma en genesing, oor die mensdom se vermoë tot sowel vernietiging as bewaring.
What's in the box
1 x Book
Prices come from our last check of each retailer. Follow a link for the live price.