Afrikaans Fiksie Roman Storie - Beenwerf - Frederick Erasmus
Spanningsvolle Afrikaanse Verhaal geniet deur oud en jonk!
rated at Takealot · checked Today
- Average
- R 162.58
- Lowest seen
- R 149.00
- Highest seen
- R 249.00
- Last change
- R 20.00
- First indexed
- 18 Oct 2024
- Retailer
- Takealot
Description
DIE PLOT:
Dit het in Auschwitz begin, maar nie daar geëindig nie. Dekades later word 'n identiese tweeling 'n week uitmekaar duisende kilometer van mekaar gebore. Geld, mag en die superioriteit van die Ariese ras is die boustene van 'n spannende intrige drie geslagte later.
'n Suid-Afrikaanse joernalis is ontstuitbaar as haar man die slagoffer van 'n gruwelike
komplot word. Stuk-stuk ontrafel sy die verbintenisse tussen die beenwerf van die
verlede en die onreg in die hede. Maar sal sy die misdaad teen lewe kan stuit?
DIE SKRYWER:
Frans Frederik Erasmus Venter
25 July 1957 - 17 September 2024
Met groot hartseer deel on dat Frans Venter oorlede is kort nadat Beenwerk gedruk is.
Die 200 bladsy roman is opgedra aan die liefde van sy lewe, Zelda.
IN DIE SKRYWER SE EIE WOORDE:
"I've looked at life from both sides now
From win and lose and still somehow
It's life's illusions I recall
I really don't know life at all":
Both Sides Now: Joni Mitchell
Frans Venter skryf onder die skuilnaam, Frederick Erasmus. Frans het tot dusvêr ? interessante lewe gehad. Die see se golwe en die bosveld sonsondergange inspireer my. Liefde en leed, lag en huil, maar altyd meer lag as huil. Fiksie is soms baie vreemder as die waarheid. Beide fassineer my. Ek hou egter daarvan om die twee in mekaar en deur mekaar te weef, net soos ons persepsie van die lewe. In Beenwerf, werf ek hede en verlede ineen en wys dat waarheid tog seëvier.
Aan twee werke van fiksie, is reeds geboorte gegee. ? Boek oor die helde van die moderne tyd, entrepreneurs is reeds gereed en ? lekker reisverhaal volg binnekort. Die skuilnaam is bloot ? poging om my persoonlike lewe privaat te hou. Ek wil met elk van my lesers ? Joni Mitchell band vorm, net genoeg deel om vreugde as resultaat te oes! Lekker lees. Frans.
What's in the box
1 x Book titled 'Beenwerf'