Beeld 50

Beeld 50

Om 'n groot storie hard te slaan

R 209.00
4.7(7)

rated at Takealot · checked Yesterday

View at Takealot

2 offers · 2 retailers

Best price PriceFind tracks

No other tracked retailer beats this price. Compare every offer

Average
R 258.40
Lowest seen
R 209.00
Highest seen
R 325.00
Last change
R 25.00
First indexed
28 Oct 2024
Retailer
Takealot
  • Takealot Cheapest

    Beeld 50

    4.7(7) Checked Yesterday

    R 209.00

    View
  • Loot

    Beeld 50

    Checked Yesterday

    R 353.00

    +R 144.00

    View

Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.

Description

"Nooi, ek praat nie met julle nie. Julle lieg van bladsy een tot die einde . . . maar ek is nie so seker van die sport nie." - "Kommandant-generaal" Fritz Meyer van die Wenkommando aan Carolien Saayman van Beeld

Die afgelope halfeeu het meer as 15 000 uitgawes van Beeld verskyn met derduisende stories in woord en beeld. Regdeur hierdie 50 jaar is 'n mantra in die redaksie: "Slaan die groot storie hard." In Beeld 50 vertel dié geliefde koerant se joernaliste hoe hulle juis dit gedoen het deur die dekades en wat hulle steeds bybly van daardie ervaring.

Die boek neem die leser op 'n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land. Beeld is die Suid-Afrikaanse dagblad wat al die meeste as die mooiste aangewys is - daarvan getuig die foto's, voorblaaie, spotprente en grafika op dié blaaie. Tog is dit nie 'n beste-voetjie-voorsit-soort boek nie, want dis in die eerste plek joernaliste wie se stemme jy hier hoor.

Op die ou end is die belangrikste element die leser. Soos Pieter du Toit in 2014 as nuusredakteur gesê het: "Ons lojaliteit lê by die briefskrywer wat ons kapittel oor 'n onbesonne hoofberig, die intekenaar wat kla oor sy nat koerant op die grasperk en die leser wat dankie sê vir die nuwe Saterdag-Beeld."

What's in the box
1 x Book