Die PHAROS BEKNOPTE VERKLARENDE WOORDEBOEK bou voort op ’n tradisie van betroubare naslaanwerke en is ’n staatmaker in die Afrikaanse klas, huis en kantoor.
Dié gebruikersvriendelike woordeboek is kompak dog omvattend: dit bevat meer as 30 000 woorde en terme met bondige verklarings.
Kry taalleiding:
- Hoofklem vir elke trefwoord
- Woordsoorte
- Verlede tyd
- Meervoude
- Attributiewe vorm en trappe van vergelyking
- Akronieme en afkortings
- Etikette vir bykomende konteksleiding
- Voorbeeldfrases of kort sinne waar nodig