
Bobbob Die Robo-Meerkat En Die Kalahari-Kloutjie
Bobbob Die Robo-Meerkat En Die Kalahari-Kloutjie (Afrikaans, Paperback)
R 139.00
Loot · checked Today
- Average
- R 139.00
- Lowest seen
- R 139.00
- Highest seen
- R 139.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 07 Sep 2026
- Vendor
- Loot
Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie is die eerste titel in ’n reeks grafiese kinderverhale. Die hoofkarakter, Bobbob, is ’n robot van die planeet Ploemplaf. Wanneer sy ruimteskip reg bokant Suid-Afrika neerstort, beland hy in die Kalahari. Tydens die atmosferiese impak het 9 Ploemplafstene van sy ruimteskip afgebreek, met 'n steen wat in elk van die provinsies beland het. Bobbob kan slegs terugkeer na planeet Ploemplaf indien hy al nege stene opgespoor het. Buite sy tuig skandeer Bobbob die omliggende area en sien ’n meerkat. Hy besluit om sy Ploemplafiaanse tegnologie in te span en die vorm van die meerkat aan te neem om by die onbekende Suid-Afrikaanse omgewing in te pas. En so begin Bobbob die robomeerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .
