
Braakland Van Die Bose
Braakland Van Die Bose (Afrikaans, Paperback)
R 98.00
Loot · checked Yesterday
- Average
- R 98.00
- Lowest seen
- R 62.00
- Highest seen
- R 115.00
- Last change
- -R 17.00
- First indexed
- 29 Nov 2023
- Vendor
- Loot
Naas Ferreira is 'n maer seun van so veertien, vyftien jaar; n seun met n honger gesig en oe wat plattrek van die gedurig in die skerp sonlig kyk. Maar dit is nie al aan hom wat opval nie. Eintlik sien mens heel eerste sy kort nek, sy hoe borsbene en die groot bult onder sy hemp op die skof van sy rug die boggel wat hom in die oe van sy stief-familie op die plaas Doornrug n monster, 'n gedrog, 'n aapgesig maak. Maar op Doornrug gebeur geheimsinnige dinge onverklaarbare dinge wat reeds lank voor Naas se koms die verhouding tussen die Lospers, die Bodemers en die Davels versuur het. Waarom is dit so al of Oemfaan, die spierwit bul met sy nors gevreet, dwarsdeur hom kan sien? Wat beteken die die bose gesig en die koue oe van die ou man Mtwetwe? En Cornelia? Het die mooie Cornelia dan twee persoonlikhede? Die een Cornelia het hy lief
maar die ander; die een wat saans oor Doornrug se werf dwaal