
- Average
- R 210.00
- Lowest seen
- R 58.00
- Highest seen
- R 407.00
- Last change
- R 102.00
- First indexed
- 31 Jul 2020
- Vendor
- Loot
M.M. Walters het bekendheid verwerf as satiriese digter. In hierdie bundel lewer hy in die styl van die Romeinse digter Juvenalis skerp kritiek in die vorm van briewe. Benewens die briewe aan "die Groot Onbekende", aan Lucifer en aan die ou gode, is daar ook briewe aan historiese figure soos Arnoldus Pannevis, die Heilige Augustinus en Johannes Calvyn en tipiese figure van ons tyd, soos die emigrante, die nuwe "geleerdes" en die opkomende maghebbers: Die mistastinge van die kerk en kerkleiers in die verlede, goeie bedoelings wat nie gerealiseer het nie, en magshonger in ons tyd word op genadelose wyse blootgele. Tog moet die leser in die kritiek ook die versugtinge na 'n beter wereld raaksien, die wanhoop oor die verval as gevolg van politieke wanbestuur in die brief aan "Bartholomeus, die Seevaarder" en die besef van die onafwendbaarheid van verandering in die brief aan die "Ou Gode": Die suidelike horing van sy land wat ver / uitsteek, omspoel word deur warm strome, / waar berge, vangnet van klam winde, / blink watervalle maak wat perel, / stort in groen valleie diep en vrugbaar, sy land / sou ys word, ongenaakbaar hard en dood.