
Burgers & Amptenare
Burgers & Amptenare - Die vroeë ontwikkeling van die kolonie aan die Kaap, 1662–1679 (Afrikaans, Hardcover)
Loot · checked Today
- Average
- R 430.00
- Lowest seen
- R 363.00
- Highest seen
- R 430.00
- Last change
- R 67.00
- First indexed
- 01 Apr 2022
- Vendor
- Loot
In die eerste hoofstukke van hierdie boek val die kollig egter op Zacharias Wagenaer, Cornelius van Quaelberg, Isband Goske en Joan Bax en hulle span VOC-amptenare. In die laaste deel van die boek kom die uitbreiding van die blanke nedersetting na die binneland en die totstandkoming van ’n klas gegoede en gevestigde vryburgers, onder die aandag. Die eerste vryburgers het mense ingesluit soos Steven Jansz Botma, W.C. Mostaert en die Duitser Jacob Cloete, wie se nasate vandag bekende Afrikaanse families vorm. Schoeman beskryf hoe hierdie vryburgers naas hulle boerderybedrywighede ook ander klein ondernemings begin het, soos taphuise, steenmakery en kleremakery.
Aan die hand van boedelinventarisse word nagegaan hoe party van die eens arm vryburgers geleidelik meer grond, vee, implemente en meubels kon bekom, ’n aanduiding van die toenemende welvaart van wat sou uitgroei tot ’n Kaapse elite.