- Average
- R 539.00
- Lowest seen
- R 539.00
- Highest seen
- R 539.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 08 Sep 2026
- Retailer
- Takealot
Description
Aangename kennis, awê my bra, hoezit en bly te kenne: Wat is nou
lekkerder as om jouself in jou taal uit te leef - Om te leer, speel, dig en
sing in Afrikaans? Dis kleurvol, dis kreatief, dis ougat, dis opwindend, dis
poenankies ... Dis Afrikaans!
Die Afrikaans 100-bordspel herdenk saam met miljoene mense
Afrikaans, My Taal se 100-jarige bestaan as amptelike taal.
Afrikaanssprekendes is lief vir hul taal, en ons almal Eet, Slaap en Praat
Afrikaans.
Die Afrikaans 100-bordspel bring mense saam in die mooiste,
soetste taal - Families, vriende en vreemdes. Gesinne en gesante, die
skoonfamilie, grootouers, kleinkinders, oompies en tannies, asook jou
makkers, tjomme, pêlle, vyande, mededingers, opponente, kollegas,
medewerkers en spanmaats; almal bymekaar om Afrikaans te vier
deur genotvolle samesyn, met of sonder biltong, melktert, koeksisters,
rooibostee of brandewyn.
Die Afrikaans 100-bordspel is heerlik interaktief, met spanne of
spelers wat mekaar laat skaterlag met hul sang of fluite, welluidende,
droomsagte en klipharde gedigte wat die gemoed laat smeul,
skreeusnaakse idiome en sêgoed, beskrywing van lawwe,
koddige, aardige en eg Suid-Afrikaanse woorde, die
besonderse uitdaging óf nagmerrie om moeilike woorde
reg te spel en ook sommer om 'n klomp dinge/goeters/
ietse en feite oor Afrikaans, Afrikaanswees of
Afrikaanse mense te leer.
What's in the box
Speelbord
Dobbelsteen
Reëlboekie
Speelstukke
Speelkaartjies (380)
Uurglas (30 Sekondes)
Volksgedigteboekie