
Die Evangelie Van Thomas
Die Evangelie Van Thomas (Afrikaans, Hardcover)
R 52.00
Loot · checked Today
- Average
- R 52.00
- Lowest seen
- R 20.00
- Highest seen
- R 52.00
- Last change
- R 16.00
- First indexed
- 13 Jan 2024
- Vendor
- Loot
Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.