Die Huis op die Hoek

Die Huis op die Hoek

Die Huis op die Hoek (Afrikaans, Paperback)

R 281.00

Loot · checked 3 days ago

View at Loot
Average
R 268.00
Lowest seen
R 255.00
Highest seen
R 281.00
Last change
-R 26.00
First indexed
25 May 2025
Retailer
Loot

Description

Dit is 1950 en Pasgatyd in Oudtshoorn. Leah Abrams, ’n jong entoesiastiese navorser in antieke tale, kuier by haar Joodse rabbi pa en sy tweede vrou, Daniela. Hulle is albei navorsers oor, onder andere, die geskiedenis van Israel. Maar daar heers konflik in die huis want Leah wil gesels oor die Messias wie sy leer ken het in haar studies, en haar Joodse gesin is nie ontvanklik daarvoor nie.

Diverse kultuur- en geloofsgroepe en na-oorlogse politieke kwessies skep ook probleme vir die Abrams-gesin en hul tuisdorp. ’n Sluipmoordaanval krap wonde en geheime in die dorp en Leah se gesin oop en die plaaslike polisie se vooroordele help nie die ondersoek na die skuldige aan nie …

Leah is oorweldig deur seer en onsekerheid. Maar sy begin stadig maar seker by mense wie sy nooit sou verwag het leer dat vergifnis, verhoudings en liefde die dinge is wat mense bymekaar bring, ongeag van hulle stand of kultuur. Sy besef ook met die hulp van ander dat God nie tussen die blaaie van ’n boek leef nie, maar in jou hart. Dalk het die Here nog heeltyd ’n ander plan gehad vir die mense in Die huis op die hoek.