Die Ickabog

Die Ickabog

Die Ickabog (Afrikaans, Paperback)

R 336.00−14%

Loot · checked 10 days ago

View at Loot
Average
R 391.00
Lowest seen
R 89.00
Highest seen
R 391.00
Last change
-R 55.00
First indexed
18 May 2022
Retailer
Loot

Description

Die koninkryk van Kornukopië was eens op ’n tyd die gelukkigste in die wêreld. Daar was baie goud, ’n koning met die spoggerigste snor, slagters, bakkers en kaasmakers wie se uitsonderlike kos mense laat jubel en juig het.

Alles was perfek – behalwe vir die mistige Moerasland in die noorde wat, volgens legende, die tuiste van die monsteragtige Ickabog was. Mense met gesonde verstand weet dat die Ickabog net ’n mite is, ’n bangmaakstorie vir kinders. Maar soms neem so ’n storie ’n lewe van sy eie aan.

Kan ’n mite veroorsaak dat ’n geliefde koning sy titel kwyt raak? Kan ’n mite ’n eens gelukkige land op sy knieë bring? Kan ’n mite twee brawe kinders op ’n avontuur stuur waarvoor hulle nie gevra het nie en wat hulle nooit sou kon verwag nie?