
Die keer toe ek my naam vergeet het
Die keer toe ek my naam vergeet het (Paperback)
R 294.00
Loot · checked Yesterday
- Average
- R 294.00
- Lowest seen
- R 239.00
- Highest seen
- R 342.00
- Last change
- -R 48.00
- First indexed
- 08 Aug 2024
- Vendor
- Loot
Die eerste uitgawe van Die keer toe ek my naam vergeet het verskyn in 1995, vyf jaar nadat die skrywer F.A. Venter n beroerte gekry het. In hierdie outobiografiese vertelling dokumenteer hy die pynlike en stadige proses van herstel: hy moet weer leer loop, leer praat, leer skryf. Dit is verder n verhaal oor die verhouding tussen Venter en sy geliefde vrou, Stella. In Die Afrikaanse literatuur 16522004 beskryf J.C. Kannemeyer Die keer toe ek my naam vergeet het as een van Venter se belangrikste bydraes tot die Afrikaanse prosa: Die aangrypende verhaal van ouderdom en lyding, maar ook van n mooi huwelik en toegewyde liefde, is terselfdertyd n getuienis van die onblusbare gees van die skeppende mens wat, ten spyte van alle teenspoed, kan voortgaan met die werk waarvoor hy hier op aarde geplaas is. Op n eerlike en roerende wyse, en met n tikkie humor, raak Venter die universele, tydlose temas van siekte, oudword en die dood aan. Uiteindelik is dit n verhaal van aanvaarding: Ek het baie verloor die kosbaarste. Maar ek het ook geleer om te verduur. Te aanvaar. Tevrede te wees. Anders sou dit ondraaglik wees.