Die masker van Yoruba

Die masker van Yoruba

R 117.00

Takealot · checked 10 days ago

View at Takealot
Average
R 117.00
Lowest seen
R 117.00
Highest seen
R 117.00
Last change
R 0.00
First indexed
21 Oct 2026
Retailer
Takealot

Description

“Ek sweer by jou Yoruba, dat jy eendag weer 'n waardige plek in ons huis sal he!” So belowe Theuns Meyer die houtmasker – wat volgens stamtradisie net deur welvarende mense besit mag word – toe hy dit na sy pa se vonnis uit hul bankrotboedel red.
“Ek sweer by jou Yoruba, dat jy eendag weer 'n waardige plek in ons huis sal he!” So belowe Theuns Meyer die houtmasker – wat volgens stamtradisie net deur welvarende mense besit mag word – toe hy dit na sy pa se vonnis uit hul bankrotboedel red. Maar op Sandbaai waar hulle tydelik in hul oom se vakansiehuisie intrek, en sy ma probeer om met naaldwerk kop bo water te hou, word die moontlikheid al meer onwaarskynlik. Theuns was kaptein van hul skool se onderwaterhokkiespan en 'n ervare duiker. Nou kan hy hoogstens gaan duik om van sy woede en frustrasie ontslae te raak. Totdat hy vir Ras Payne op die strand raakloop – 'n perlemoenstroper met etiek – soos hy homself beskryf. Ras trek hom geleidelik in by sy bedrywighede totdat Theuns besef dat die see se skulpgoud die enigste weg uit hul gemors is. Theuns en Ras vind op 'n vreemde manier by mekaar aanklank in hierdie wereld van agterdog en leuens. En elke keer dat hy sy deel in Yoruba se hol houtgesig bere, weet hy dat daar nie omdraai is nie.