
- Average
- R 76.00
- Lowest seen
- R 76.00
- Highest seen
- R 215.00
- Last change
- R 38.00
- First indexed
- 07 Jun 2020
- Retailer
- Loot
Description
Hierdie klassieke roman van die befaamde Franse skrywer Albert Camus handel oor die lotgevalle van n klompie mense wat in die Algerynse stad Oran vasgekeer word wanneer builepes daar uitbreek. Die hoofkarakter, dr. Bernard Rieux, word die eerste keer bewus van iets buitengewoons wanneer groot klompe rotte vrek in die woonstelgebou waar hy bly. Gaandeweg word hy al meer by die behandeling van die siekes betrek en word hy toeskouer van hoe verskillende mense reageer wanneer toestande al hagliker en benouender word. Sy band met ander mense, soos die toeris Tarrou, die joernalis Rambert en die staatsamptenaar Grand word deur hulle betrokkenheid by die verloop van die pes versterk, terwyl hulle na die sluiting van die stadspoorte al hoe meer bewus word van hulle afsondering en die afwesigheid van geliefdes. Camus se roman is al gelees as allegorie van die besetting van Frankryk gedurende die Tweede Wereldoorlog en die pes kan beskou word as enige bedreiging vir menslike vryheid. Die bedreiging van 'n epidemie soos vigs verleen aan hierdie roman besondere relevansie vir Suid-Afrikaanse lesers.