
Diensplig
Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So? (Afrikaans, Paperback)
Loot · checked 28 days ago
- Average
- R 246.25
- Lowest seen
- R 209.00
- Highest seen
- R 277.00
- Last change
- -R 23.00
- First indexed
- 22 Jun 2023
- Retailer
- Loot
Description
Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe. Sy gesels met die bekroonde joernalis Murray La Vita, die skrywer Deon Lamprecht, genl.maj. Roland de Vries en talle ander oor hulle ondervindings in die weermag.
Die meeste dienspligtiges was eintlik maar nog seuns toe hulle gedwing is om aan te tree en hul hare onseremonieel afgeskeer is. Hulle praat hier eerlik oor onder meer die eerste kontak, die eerste keer toe iemand ’n makker verloor het, hoe sommige “terrie-ore” versamel het, oor patrollies in die townships, en die interne stryd wat dikwels agterna gevolg het.
Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander — veral jonger — Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan. Soos wie nou eintlik die vyand was, en wat dit beteken om jou land te dien . . .