
Eend, Dood En Tulp
Eend, Dood En Tulp (Afrikaans, Hardcover)
R 92.00
Loot · checked Yesterday
- Average
- R 92.00
- Lowest seen
- R 54.00
- Highest seen
- R 361.00
- Last change
- -R 9.00
- First indexed
- 08 Mar 2023
- Vendor
- Loot
Dat kinders vroeër of later prontuit vrae oor die dood sal vra, is iets waarvan elke ouer deeglik bewus is. Nietemin is die antwoorde selde prontuit of sonder eufemistiese kinkels wanneer dié vrae wel ter tafel kom. “Kindervriendelike” boeke oor die dood bestaan wel – maar die natuurlikheid en openlikheid waarmee hierdie onlosmaaklike aspek van die mens se bestaan in Eend, Dood en Tulp hanteer word, is binne die Afrikaanse lesersraamwerk geheel en al vernuwend.
Dood, so leer die leser, was nog maar altyd Eend se onsigbare kameraad. Dis bloot dat Eend hom nog nooit van tevore raakgesien het nie. Wanneer die twee mekaar op ’n dag wel leer ken, is daar skielik nie sprake van die vrees of die afstand wat Eend vermoed het nie – en moet ’n mens saam met Dood kopskud en erken dat die lewe nou maar eenmaal sy eie gang gaan.