Ek, Joseph Daniel Marble

Ek, Joseph Daniel Marble

R 117.00

Takealot · checked Yesterday

View at Takealot
Average
R 117.00
Lowest seen
R 117.00
Highest seen
R 117.00
Last change
R 0.00
First indexed
22 Oct 2026
Retailer
Takealot

Description

n Haas ongelooflike dog ware verhaal. Joseph Marble is in 1959 in Western (Coloured Township) gebore. Op sesjarige ouderdom is hy junior lid van 'n berugte bende; op sewe leer hy seks ken; en kort hierna word sy hele familie tronk toe gestuur, en word hy en sy broer en suster "welsynskinders".

Die kil werklikheid van n jeug tussen liefdelose volwassenes te midde van skreiende armoede en amper groteske geweld word hier sonder omhaal verwoord. n Direkte, eerlike vertelling wat nie daarop uit is om te skok nie, en daarom soveel te meer tref. Hierdie boek sal by jou bly spook.

Tog word die vertelling getemper met baie humor en diepe menslikheid. En is Joseph uiteindelik groter as die verskrikking van sy omstandighede.

"Ná die lees van Ek, Joseph Daniel Marble sal niemand meer kan sé: Ek het nie geweet die lewe in n Suid-Afrikaanse township lyk soms só nie. Dis n unieke leeservaring in Afrikaans, maar ook in enige taal." Jakes Gerwel

Joseph Marble woon in Newclare buite Johannesburg, naby die Western van sy jeug. Hy probeer liggaam en siel aanmekaar hou deur motors te was. Voorwaar n buitengewone skrywer, iemand wat bly glo het sy storie is vertellenswaardig, en dit uiteindelik met die stil gesag van die ware insider doen.