
2 offers · 2 retailers
Best price PriceFind tracks
No other tracked retailer beats this price. Compare every offer
- Average
- R 465.00
- Lowest seen
- R 325.00
- Highest seen
- R 499.00
- Last change
- R 34.00
- First indexed
- 07 Oct 2022
- Retailer
- Takealot
Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.
Description
Die FAK-sangbundel word allerwee beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en is reeds dekades lank ’n standaard-verwysingswerk vir skole, koorleiers en kultuurorganisasies.
Die FAK-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was ’n belangrike kulturele gebeurtenis. Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het. In latere uitgawes is liedere wat nie veel aftrek gekry het nie weggelaat en gewildes wat vroeer ontbreek het, opgeneem. Tans word dit beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies, koormeesters en skole. Dit is voorsien van ’n register volgens liedere se titels en eerste reels sowel as ’n rubriekindeling, waaronder vaderlandsliedere, natuurlirieke, liefdes-, kleuter- en slaapliedjies en gewyde liedere. Bekende Afrikaans digters en komponiste se talente word hier saamgevoeg, sowel as sensitief vertaalde Afrikaanse weergawes van wereldwye gunstelinge.
