Fees van Die Ongenooides

Fees van Die Ongenooides

du Plessis, P.G.

R 275.00
4.8(12)

rated at Takealot · checked Today

View at Takealot

2 offers · 2 retailers

Best price PriceFind tracks

No other tracked retailer beats this price. Compare every offer

Average
R 275.00
Lowest seen
R 229.00
Highest seen
R 699.00
Last change
-R 31.00
First indexed
31 Mar 2022
Retailer
Takealot

Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.

Description

Fees van die ongenooides is the most outstanding example of P.G. du Plessis's storytelling art. His novel is indeed one of the extraordinary works about the Boer War. In contemporary idiom, it also asks questions about how we remember, what we remember, and what the implications of forgetting are.


Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het.


Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto's geneem het. Hy kyk na 'n foto van 'n vrou met 'n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hy die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na 'n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto's die verhaal van die Van Wyks agterhaal.

What's in the box
1 x Boek