Fredderiek die elektriek kriek

Fredderiek die elektriek kriek

Louis Botha

R 80.00

Takealot · checked Yesterday

View at Takealot
Average
R 80.00
Lowest seen
R 80.00
Highest seen
R 80.00
Last change
R 0.00
First indexed
21 Sep 2026
Retailer
Takealot

Description

Aan die einde van die straat, daar eenkant amper in die veld, staan ‘n ou-ou huis waarin niemand woon nie. Groot eikebome skuur met hul takke oor die huis se dak. Langs die paadjie na die huis groei lang gras en bossies. Teen die voorhekkiehang ‘n bordjie skeef met die woorde “Te Koop” daarop. Daar woon geen mense in die huis nie, maar dit bied woonplek aan ‘n menigte krieke. In die aand wanneer dit begin donker word, begin die krieke hul voorste vlerkies saamvryf om kriekmusiek te maak. Fredderiek wil baie graag saam met die ander krieke musiek maak, maar al probeer hy ook hoe hard hy kan net nie die regte noot kry nie.