Fynbosfeetjies

Fynbosfeetjies

Fynbosfeetjies (Afrikaans, Paperback)

R 240.00

Loot · checked 17 days ago

View at Loot

2 offers · 2 retailers

Save R 25.00 at Takealot

Takealot sells it for R 215.00. Compare every offer

Average
R 184.00
Lowest seen
R 176.00
Highest seen
R 240.00
Last change
R 56.00
First indexed
14 May 2022
Retailer
Loot
  • Takealot Cheapest

    Fynbosfeetjies

    4.9(18) Checked 7 days ago

    R 215.00

    View
  • Loot This listing

    Fynbosfeetjies

    Checked 17 days ago

    R 240.00

    +R 25.00

    View

Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.

Description

Dit is omrede sy fynbos – die smalblaar-, struikagtige plantegroei van die streek – dat die suidwestelike en suid-Kaap benoem is as een van die wereld se ses planteryke: Die Kaapse blommeryk. Met 'n opervlakte van minder as 90 000 vierkante kilometer is dit die kleinste planteryk ter wereld. Tog is dit die tuiste van 8 600 plantspesies, waarvan 5 000 nerens elders voorkom nie. Fynbos is 'n vermenging van vier plantsoorte: Protea-struike, heideagtige erikas, rietagtige restio’s en 'n verskeidenheid bolplante. In die Kaapse blommeryk groei 69 van die wereld se 112 proteas, 526 van sy 740 erikas en onder sy bolplante word 96 van die wereld se 160 gladiolusspesies aangetref. Op sy eie spog Tafeberg met byna 1 500 fynbosspesies. Met Fynbosfeetjies bring Antjie Krog en Fiona Moodie, wat albei gereeld op die hange van Tafelberg gaan stap, hulde aan een van die natuurwonders van die wereld. Antjie, geinspireer deur Cicely Mary Barker se A world of flower fairies, het die bal aan die rol gesit deur verse te skryf oor verskillende blomplante wat deur minstens een denkbeeldige wesentjie bewoon word. Fiona het elke plant, insek en gediertetjie wat in hierdie boek afgebeeld is, nagevors. Die feetjies en ander droomwesentjies is haar eie skepings, maar die blomme, gogas en diertjies het sy by die natuur afgekyk en noukeurig nageteken.