
Hart Van Duisternis
Hart Van Duisternis (Afrikaans, Paperback)
Loot · checked 2 days ago
- Average
- R 194.00
- Lowest seen
- R 194.00
- Highest seen
- R 194.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 04 Nov 2025
- Retailer
- Loot
Description
Charles Marlow, ‘n seeman vertel boeiend van sy moeisame soektog per rivierboot na die geheimsinnige meneer Kurtz, wat diep in die Kongolese oerwoud verlore geraak het. Blykbaar het Kurtz, wat eens ‘n beskaafde Europeër was, ontaard in iemand wat nie meer die die reëls van die beskawing gehoorsaam nie.
Soos wat Marlow nader en nader aan Kurtz kom, dreig die gevaar toenemend en raak die spanning ondraaglik. Wat gaan hy daar vind en hoe sal hy dit ooit aan sy base in Europa kan oordra? En gaan hy hoegenaamd die ekspedisie oorleef?
Hierdie dun boekie dra ‘n wêreld in hom saam. Dit hoort in elke Afrikaanse huis, nie net vanweë die asemrowende beskrywings van die rivier en die bos nie, maar ook weens die skrywer se geniale insigte in die verhouding tussen Europa en Afrika, tussen blank en swart.
Enersyds is Conrad al geloof vir sy kritiek op kolonialisme en rassisme, andersyds is hy veroordeel omdat hy juis onbevange oor oer-Afrika, sy rituele en sy mense skryf. Die Afrikaanse, asook die wêreldletterkunde, wemel van verwysings na Hart van duisternis. Die beroemde Hollywoodfilm Apocalypse Now het insgelyks sy tema hier kom leen.