
HAT Handewoordeboek Van Die Afrikaanse Taal
HAT Handewoordeboek Van Die Afrikaanse Taal (Afrikaans, Hardcover, 6de Uitgawe)
Loot · checked Today
- Average
- R 597.00
- Lowest seen
- R 414.00
- Highest seen
- R 597.00
- Last change
- -R 13.00
- First indexed
- 06 Aug 2022
- Vendor
- Loot
Die eerste uitgawe van die HAT het in 1965 verskyn en in 2015 vier die HAT sy goue jubileum. Dié omvattend herbewerkte, stewig uitgebreide sesde uitgawe is die resultaat van die grondigste hersiening van die woordeboek sedert die verskyning van die derde uitgawe in 1993. Geen Afrikaanse woordeboek bied ’n akkurater beeld van eietydse Afrikaans nie.
Meer as:
- 90 000 woorde, idiome en uitdrukkings+
- 120 000 betekenisse, eenvoudig verklaar
- 80 000 voorbeeldsinne en -frases
- 10 000 etimologieë
- 3 000 afkortings
- 1 600 bladsye
- 2 miljoen woorde altesaam (25 persent meer as in die vorige uitgawe)
Die onmisbare Afrikaanse woordeboek vir huis en skool, vir werk en studeer, vir woordliefhebbers, woordspeletjie-entoesiaste en woordvrate. Pragtig ontwerp en gedruk.
HAT 6 bou voort op die gesaghebbende tradisie van sy voorgangers. Die nuwe uitgawe is grondig hersien en uitgebrei deur ’n span van Afrikaans se beste woordeboekmakers wat onder andere vier lede insluit van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie.