
Hel Toe En Terug
Hel Toe En Terug - Die Eerste Wereldoorlog, 'n Honderd Jaar Later (Afrikaans, Paperback, Gedenkuitgawe)
Loot · checked 26 Sep 2026
- Average
- R 477.00
- Lowest seen
- R 477.00
- Highest seen
- R 477.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 26 Sep 2026
- Retailer
- Loot
Description
Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem.
Louis Scott, 'n historikus en bekende inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel Toe En Terug: Die Eerste Wêreldoorlog, 'n honderd jaar later, het pas verskyn - betyds vir die honderdjarige herdenking van dié verwoestende oorlog. Dit bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n omvattende geskiedenis van dié oorlog.