
In Memoriam
In Memoriam - Johann de Lange (Afrikaans, Paperback)
Loot · checked Today
- Average
- R 225.00
- Lowest seen
- R 225.00
- Highest seen
- R 225.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 07 Sep 2026
- Vendor
- Loot
In Op pad met Johann de Lange, neem Johann Lodewyk Marais sy jarelange vriendskap met De Lange in oënskou. ʼn Relatief onbekende kant van die digter word in enkele essays en korter stukke geskets. Interessante feite oor digtersvriende en -kennisse wat in sy lewe ʼn rol gespeel het, soos Koos Prinsloo, Harry Kalmer, Theunis Engelbrecht, Sheila Cussons en Wilma Stockenström verruim die teks. Eenvoudig dog aangrypend roep Marais hulle gesprekke oor bykans ʼn leeftyd in herinnering – oor die digkuns, die letterkunde en veral De Lange se invloed op sy eie poëtika.
Die afdeling Orfeus in die buitenste ruim bevat 42 elegiese gedigte deur Joan Hambidge – soms diep emosioneel, soms besinnend en ontstellend, geskoei op belewenisse, boeke, films, plekke en gebeure wat hulle saam geniet het. Haar gedigte is ryk aan simboliek, metafore en intertekste van veral De Lange en Van Wyk Louw.