Karretjiemense

Karretjiemense

Karretjiemense (Afrikaans, Paperback)

R 210.00

Loot · checked Yesterday

View at Loot
Average
R 188.00
Lowest seen
R 184.00
Highest seen
R 210.00
Last change
R 22.00
First indexed
16 Nov 2022
Retailer
Loot

Description

Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog is, wil haar man Kapok hul donkiekarretjie in Leeu-Gamka se rigting draai – die een plek wat Muis nooit weer wil sien nie, want dit is hier waar die wrede Miskiet vir haar wag om haar terug te kry. Klein Witpop is opgewonde. Dalk kan sy nou televisie kyk en skool toe gaan. Haar broer Fansie hoop daar sal meer kos vir hom en hul babasussie Sponsie wees. Maar die duiwel is los in Leeu-Gamka en hulle moet desperaat vlug op hul karretjie. Sonder dokumente wat wys jy bestaan, kan die polisie jou nie veel help nie. In Carol Campbell se senutergende roman word die onsigbare en nomadiese karretjiemense van die Groot-Karoo op spanningsvolle wyse op die voorgrond geplaas.