Kerneels en die Krismisengel

Kerneels en die Krismisengel

R 70.00

Takealot · checked Today

View at Takealot

2 offers · 2 retailers

Best price PriceFind tracks

No other tracked retailer beats this price. Compare every offer

Average
R 70.00
Lowest seen
R 70.00
Highest seen
R 70.00
Last change
R 0.00
First indexed
15 Sep 2026
Retailer
Takealot

Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.

Description

werk, moet Kerneels saamgaan. Hy trek dan sy pajamas onder sy klere aan, en sy ma maak vir hom 'n bed in die stoorkamer waar die skoonmaakgoed gebere word. Dis vir Kerneels baie lekkerder by die winkelsentrum as by die huis.
Kerneels is 'n agtjarige seuntjie met kortgeskeerde hare en 'n stukkende groottoon. Sy ma is 'n skoonmaakster by 'n winkelsentrum, en wanneer sy nagskof werk, moet Kerneels saamgaan. Hy trek dan sy pajamas onder sy klere aan, en sy ma maak vir hom 'n bed in die stoorkamer waar die skoonmaakgoed gebere word. Dis vir Kerneels baie lekkerder by die winkelsentrum as by die huis. Hy kuier met oom Sol, die veiligheidswag, wat elke aand sy toebroodjies en frikkadelle met Kerneels deel, en hom leer van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen. Maar Kerneels wil weet of mens engele sal sien as jy in 'n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, en op Oukersaand wil hy he oom Sol moet die Betlehemster uitwys. "Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek," se oom Sol. "Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te he." Vroeg op Kersoggend, net na Kerneels in die stoorkamer wakker geword het en sy ma se nagskof tot 'n einde kom, kondig oom Sol aan dat hy vir hom 'n boodskap van 'n engel het. Hy gee vir Kerneels 'n wit veertjie, en knipoog, voor hy op sy fiets spring en in die donker oggend huis toe ry. Sy fiets se speke sing soos hy 'n pad tussen die sterre ooptrap. Kerneels wag tot oom Sol omkyk en knipoog terug. Toe bere hy die wit veertjie in sy hempsak en gaan tevrede huis toe. Hy het uiteindelik 'n engel gesien. "Nie een met 'n goue rok en 'n stralekrans nie. 'n Regte Krismisengel met 'n fiets en 'n kosblik en 'n radio ... en 'n gaatjie in sy een skoen."