Klip En Klei

Klip En Klei

R 155.00

Takealot · checked 12 days ago

View at Takealot

2 offers · 2 retailers

Best price PriceFind tracks

No other tracked retailer beats this price. Compare every offer

Average
R 155.00
Lowest seen
R 155.00
Highest seen
R 155.00
Last change
R 0.00
First indexed
24 Sep 2026
Retailer
Takealot
  • Takealot Cheapest

    Klip En Klei

    Checked 12 days ago

    R 155.00

    View
  • Loot

    Klip En Klei

    Checked 26 Sep 2026

    R 220.00

    +R 65.00

    View

Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.

Description

Klip en klei is 'n heruitgawe van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld se bekendste en mees geliefde opstelle. Hy skryf op 'n meesleurende en dikwels humoristiese manier oor konkrete dinge en die betekenis wat hulle vir ons lewens het.
In die eerste opstel, "Oor huise", beskryf hy hoe hy self 'n huis van klip in die Kouga gebou het. So 'n huis moet by die bewoners daarvan pas, beweer Versfeld, en dit hang af daarvan of jy met jouself tuis is. Hy skryf verder oor die vreugde van kook en goeie kos, oor die verwantskap tussen die skepping van poesie en die skepping van 'n eenvoudige meubelstuk, oor jag, visvang en ons belewing van die natuur. Die laaste opstel, "Oor patriotisme", kry opnuut betekenis in 'n tyd waarin ons verhouding met ons geboorteland en ons medemens geproblematiseer word. Versfeld se styl is besonder toeganklik en die leser word dikwels verras deur 'n diepsinnige wending waardeur ons omgang met die alledaagse verryk word. So skryf hy byvoorbeeld oor klip: "Die engel uit die klip is die engel wat alreeds in die klip gesit het, en aan hom is die kliphouer onderdanig. Laat die engele dus jou huisie bou, maar hulle sal net met jou hande bou, en net met jou eie hande sal jy aan hulle raak."