
- Average
- R 97.00
- Lowest seen
- R 61.00
- Highest seen
- R 114.00
- Last change
- -R 17.00
- First indexed
- 02 Jan 2025
- Vendor
- Loot
Hierdie novelle sluit aan by twee vorige prosawerke van Dolf van Niekerk, naamlik die jeugverhaal Karel Kousop (1985) en Koms van die hyreen (1994). Kroniek van turf is gedeeltelik n prequel vir die vorige twee boeke. Dit vertel die geskiedenis van Gerrit, n werknemer van die VOC, wat in die 18de eeu begin boer op n leningsplaas in die Roggeland. Omstandighede dwing hom om na die distrik Swellendam te verskuif. Sy twee seuns, Johannes en Daniel, soek albei later ook na n veiliger blyplek, aanvanklik in die Kamdebo. Onrus op die Oosgrens laat hulle verder trek; Johannes na wat tans die Vrystaat is en Daniel saam met die Voortrekkers na Natal, waar hy en sy vrou slagoffers van die Bloukransmoorde word. Waar Johannes hom op n plaas tussen die Riet- en die Modderrivier vestig, maak hy weer kontak met die Kousop-Boesmans wat hy vroeer naby die Gariep ontmoet het. Tussen Johannes se nageslag en die Boesmans ontwikkel n vae, onsekere band wat oor meer as n eeu sou strek. Onverwags maak een van Johannes se nasate, Johan, tydens die Bosoorlog kennis met n Boesmanspoorsnyer wat ook n Kousop-nasaat blyk te wees en wat n bepalende rol in n grondeis op Johan se plaas tussen die twee riviere sou speel.
