Los Donkies

Los Donkies

Los Donkies (Afrikaans, Paperback)

R 98.00

Loot · checked 2 days ago

View at Loot
Average
R 62.00
Lowest seen
R 62.00
Highest seen
R 98.00
Last change
R 36.00
First indexed
06 May 2022
Retailer
Loot

Description

Los Donkies is ’n heruitgawe van H.S. van Blerk se aangrypende verhaal van die ‘los donkies’ van die Depressiejare. Dit gaan oor die houtryers wat hul bestaan gemaak het deur die aanry van hout uit die Bosveld na die delwerye in Barkly-Wes se wereld. Hulle en hul gesinne, sukkelaars almal, word op ’n manier geteken en ingekleur dat jy weet: die skrywer ken armoede en teleurstelling. Humor is daar baie, maar mens lag met ’n seer in jou hart vir arme ou Mankjapie se drome van rykdom, vir haaslip-Stoffel se smagting na liefde en aanvaarding, en vir oom Joppie se verlore stryd teen die Satan in sy eie huis. ’n Meester van dialoog beskryf die skade, die skande, die ongenaakbaarheid en die onopgevoedheid wat saamloop met uiterste armoede met humor en deernis.