
Min Shaw: Sprokie van 'n Liefling
Min Shaw: Sprokie van 'n Liefling - 'n Plakboek van Herinneringe (Afrikaans, Paperback)
R 304.00
Loot · checked 29 Sep 2026
- Average
- R 304.00
- Lowest seen
- R 304.00
- Highest seen
- R 304.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 25 Sep 2026
- Retailer
- Loot
Description
“Sy bly nog steeds ná 50 jaar in die vermaaklikheidsbedryf ’n nooi soos Min!” – André H. van Dyk
In hierdie pragboek word foto’s en memento’s uit Min Shaw se persoonlike fotoalbums en plakboeke opgeneem. Min se herinneringe aan haar kinderdae, haar transformasie van onderwyseres tot sang- en filmster, en die mense wat haar op haar pad na sukses gehelp het, word in haar eie woorde weergegee. Min deel verder snaakse staaltjies uit haar verlede, skoonheidsgeheime en interessante “Min-feite”. Sy vertel hoe haar geloof haar positief en plat op die aarde hou. Boodskappe aan Min van bekendes soos Corlea Botha, Franz Marx, Lance James en Leon van Nierop word ook ingesluit.