
Moet Ons Waai?
Moet Ons Waai? - Om Te Emigreer Of Nie: 20 Meningsvormers Sê (Afrikaans, Paperback)
Loot · checked 3 days ago
- Average
- R 201.51
- Lowest seen
- R 21.00
- Highest seen
- R 300.00
- Last change
- -R 25.00
- First indexed
- 03 Apr 2022
- Retailer
- Loot
Description
Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners.
Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?”
In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.