Norme vir Afrikaans

Norme vir Afrikaans

Norme vir Afrikaans - Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans (Afrikaans, Paperback, 5th ed)

R 489.00

Loot · checked 2 days ago

View at Loot
Average
R 489.00
Lowest seen
R 489.00
Highest seen
R 785.00
Last change
-R 296.00
First indexed
09 Jul 2024
Retailer
Loot

Description

Norme vir Afrikaans het oor jare al bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die titel is 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. In die aanpak word probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. In die besonder fokus die boek op die "norme" wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, o.m. die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng "normatief" te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee met die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent. Die riglyne van die tiende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (AWS) (2009) is ook volledig in hierdie uitgawe verreken.