
2 offers · 2 retailers
Best price PriceFind tracks
No other tracked retailer beats this price. Compare every offer
- Average
- R 55.00
- Lowest seen
- R 55.00
- Highest seen
- R 55.00
- Last change
- R 0.00
- First indexed
- 12 Sep 2026
- Retailer
- Takealot
Each price is from PriceFind's last check of that retailer. Follow the link for the live price.
Description
Die geliefde en gevierde kortverhaalskrywer Hennie Aucamp is op 21 Maart 2014, slegs twee maande na sy 80ste verjaardag oorlede. In hierdie herinneringsboek word verskillende fasette van sy lewe deur familie, vriende en medeskrywers belig.
Die geliefde en gevierde kortverhaalskrywer Hennie Aucamp is op 21 Maart 2014, slegs twee maande na sy 80ste verjaardag oorlede. In hierdie herinneringsboek word verskillende fasette van sy lewe deur familie, vriende en medeskrywers belig. Onder die familielede wat bydraes tot die boek gelewer het, is sy suster Rina wat herinneringe aan hulle kinderjare op die familieplaas Rus-mijn-ziel opdiep en sy neef Inus Aucamp wat meer vertel van die vestiging van die Aucamp-familie in die Stormberge. Die skryfster Margaret Bakkes, wat ook sy kleinniggie is en op 'n buurplaas grootgeword het, vertel hoe sy en Hennie reeds as kinders teenoor mekaar bely het dat hulle wil skryf. Daar is ook bydraes deur Marius en Christiaan Bakkes, wat oor Hennie se belangstelling in die natuur. Daar is besondere opstelle deur medeskrywers Lina Spies, Aletta Lubbe (gebore Aucamp), Danie Botha en Abraham de Vries, terwyl Daniel Hugo en Joan Hambidge gedigte opgedra aan Hennie gelewer het. Die radiopersoonlikhede Monica Breed en Margot Luyt skryf oor Hennie se ruimhartigheid en sy vriend Nico Loubser oor Hennie se laaste dae.
Foto's van Philip de Vos en Marius Bakkes skep 'n visuele beeld van die woordman Aucamp.