Description
n Heruitgawe met n pragtige nuwe omslag. n Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike middelklashuis met n blaasvlam gemartel en toe met n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van Heerden het sewe dae om die moord op te los en n testament te vind. En die moord het boonop al tien maande tevore plaasgevind, die spore is vaag, die enigste leidraad n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. Miskien baie dollars . . . En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer skarrel: Militere Intelligensie, die CIA, Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Hoe dieper hy delf, hoe meer lae hy van die ding afkrap, hoe meer smeer hulle toe.