- Average
- R 149.00
- Lowest seen
- R 129.00
- Highest seen
- R 149.00
- Last change
- -R 20.00
- First indexed
- 20 Sep 2026
- Retailer
- Takealot
Description
Plaasdiere van Suid-Afrika is 'n vrolike prenteboek van 'n splinternuwe druknaam, Struik Agri. Dit stel jong lesers voor aan die vele plaasdiere - groot en klein - wat in die veld loop, in die kraal staan of in die hoenderhok skrop.
Jong lesers ontmoet 'n woelige versameling van meer as 60 diere - van sagte skape en besige bokke tot kleurvolle koeie, parate plaasbrakke en klein kapok-hoendertjies. Feitebrokkies word vergesel deur volkleur-illustrasies en foto's, en bou die jong leser se kennis oor plaasdiere en die lewe op Suid-Afrikaanse plase. Die boek se oulike uitleg maak dit lekker om oor die landbou te leer.
Plaasdiere van Suid-Afrika is gemik op kinders onder sewe, en sal beslis plaaskinders en stadsjapies se liefde vir diere en die platteland aanmoedig.
Propvol unieke Suid-Afrikaanse diererasse: Nguni x Afrikaner x Ankole x Drakensberger x Tuli x Bonsmara x Dorper x Persie x Van Rooy x Boerbok x Kalahari Red x Veldbok x Potchefstroom Koekoek x Boschvelder x Volstruis x Boerperd x Basuto-ponie x Nooitgedachter x Kolbroek x Boerboel