Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde

Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde

Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde (Afrikaans, Hardcover)

R 223.00

Loot · checked 3 days ago

View at Loot
Average
R 292.75
Lowest seen
R 219.00
Highest seen
R 356.00
Last change
R 116.00
First indexed
30 Oct 2022
Retailer
Loot

Description

’n Oorsig van Breyten Breytenbach se digkuns is 'n voëlvlug oor 'n wye era: vanaf die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal herdefinieer het. In hierdie herdefiniering staan Breyten Breytenbach, die digter, mens en denker soos ’n skakelende deurpos.

Elke gedig is soos ’n tekening of ’n skildery waarin tekens en betekenis in vloeiende verbande tot mekaar staan en waarin gunstelingtemas weer en weer ter sprake kom – elke keer uniek geskommel soos kwashale op die doeke van Jackson Pollock se skilderye of die stippels in ’n kaleidoskoop wat nooit ophou draai nie.

Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, effektiewelike bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n onrustige pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin volledige tuiskoms slegs in die arms van die liefde is.