Ryk Brein Arm Brein

Ryk Brein Arm Brein

Dr Kobus Neethling, Wouter Snyman, Raché Rutherford

R 266.00

Takealot · checked 5 days ago

View at Takealot
Average
R 190.00
Lowest seen
R 190.00
Highest seen
R 266.00
Last change
R 76.00
First indexed
29 Mar 2022
Retailer
Takealot

Description

Gratis Breinprofiel assessering ingesluit.

Hierdie boek is in vele opsigte ’n uitvloeisel van die outeurs se
navorsing oor toegepaste kreatiwiteit. Am I clever or am I stupid?
was ’n internasionale topverkoper, net soos Creativity Uncovered en The
Ordinary Millionaire. Na my sewe jaar van navorsing oor die potensiaal
van jong kinders was dit vir my duidelik dat kinders van 0–3 jaar beskik
oor iets wat ons in hierdie boek “rykbrein”-vermoëns noem.
As gevolg van “armbrein”-ouerskap en -opvoeding word kinders
groot met die idee dat ’n rykbrein-lewe net vir ’n paar uitgesoektes
beskore is. Hulle begin hul natuurlike eienskappe soos kreatiwiteit,
passie, moed en energie ontken en ignoreer, en volg die gewone en
tradisionele paadjies waarvoor hulle die meeste beloning ontvang.
Hulle word begelei om te dink en keuses te maak wat dinge hou
soos dit is, eerder as om dit te verbeter en verryk. Ons weet, en ons
navorsing het dit keer op keer bewys, dat kinders en volwassenes van
alle ouderdomme en kulture nie hul vermoë verloor om rykbreinkeuses
te maak nie. Hierdie keuses kan aangeleer en onderrig word.

A5, 136 bladsye