
- Average
- R 210.00
- Lowest seen
- R 129.00
- Highest seen
- R 210.00
- Last change
- -R 32.00
- First indexed
- 09 Sep 2022
- Vendor
- Loot
n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Hahaha! Dis onmoontlik! Op n dag kry Nathan n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer n gewone hamster nie ... hy het n ongelooflike superkrag! Nathan vat vir Skwiek saam skool toe. Hy gebruik hom om die onnies en die skoolboelie te hipnotiseer! Dis groot pret! Maar dan vind Nathan uit Skwiek is op n geheime sending ... en n gevaarlike skurk is warm op hul spoor. n Skreeusnaakse, aksiebelaaide avontuur vol skurke, jaagtogte, geheime agente, kaaskrulle ... en hamster-hipnose!