
Sowaar, sowaar, Van Hunks is 'n towenaar!
Sowaar, sowaar, Van Hunks is 'n towenaar! (Afrikaans, Paperback)
R 94.00
Loot · checked 28 Sep 2026
- Average
- R 94.00
- Lowest seen
- R 58.00
- Highest seen
- R 108.00
- Last change
- -R 14.00
- First indexed
- 21 Nov 2024
- Retailer
- Loot
Description
Dis Van Hunks en die Duiwel se skuld dat daar gereeld so 'n swaar kleed oor Tafelberg le, so lui die ou-ou legende. Dit is ook van hulle twee se rookkompetisie waar Duiwelspiek sy naam gekry het. Met speelse, humoristiese teks en prettige, verbeeldingryke illustrasies blaas Roelf van Rensburg en Theo Krynauw moderne woema in 'n tydlose legende. In 'n sewentigtal kwatryne word vertel hoe die pyprokende Van Hunks in die eerste plek in die Kaap beland het en wat sy rookmanie tot so 'n dawerende crescendo gedryf het. Die feit dat hy oor toorkragte beskik wat hom onsterflik maak, is 'n bron van eindelose frustrasie vir Van Riebeeck en sy kompanjie, maar is beslis die kern van 'n kat-kom-weer-scenario wat lesers sal laat skater. As jy nog nie die storie Van Hunks en die Duiwel gehoor het nie, moet jy hierdie boek lees, so waar as wat Tafelberg plat is. Ken jy dit wel, sal jy hierna opnuut jou oe spits wanneer Duiwelspiek die dag onder 'n wolkkombers verdwyn.